25 Jul. 2014

Strepe Lekkerte

Die streepkombers is aansteeklik. 


Vriendin Melanie het dit by haar buurvroue aangesteek, ongelooflik vinnig geleer hekel, en dit aangedra om vir my te kom wys hoe sy vorder. Julle weet hoe vatbaar ek is vir sulke baldadighede. Voordat jy kon sê 'hekelpen', is ek ook oorval, en drie weke en drie seisoene van een van my gusnteling stories later, was my kombers klaar. Ek plaas baie foto's om sodat julle die verskillende patrone mooi kan sien.

Ek het double knit wol gebruik, en 'n 4.5mm hekelpen.Ek het geen idee hoeveel kleure ek gebruik het nie.



 




Sodra 'n mens verveeld raak, begin jy met 'n nuwe steek/patroon en kleur.








Die bobbeltjies is my gunsteling. Mens moet net die bobbelsteke mooi styf trek om dit goed te laat uitstaan, en ek het in die later rye 5 langebene in elke bobbeltjie gemaak, i.p.v. net vier.






Hier is geskrewe ry-vir-ry aanwysings met of sonder foto's, om hierdie plesierige kombers te hekel. Ek het 193 steke gehekel, en dit pas op my dubbelbed, maar sonder oorhang. Die aanwysings is duidelik, en meestal maklik. Lees dit net baie mooi. Ek het nie die patroon op die letter gevolg nie, net naastenby, en aangehou totdat die kombers so lank soos ek is. Die enigste wenke wat ek het is:

1) Tel na elke patroonry jou steke, sodat jy dit kan regmaak. Ek het in die half-langbeen of langbeenrye vermeerder of verminder as dit nodig was.
2) Maak seker dat jou bobbeltjies aan dieselfde kant is, deur 'n ekstra ry langbene of half-langbene as dit nodig is.
3) Vir die Catherine Wheel moet jou spanning baie los wees. Ek het in my later rye daarvan ook dan oorgeslaan na 'n nr 5 hekelpen.
4) Werk soveel moontlik wolletjies in soos jy aangaan, anders gaan dit ure neem na die tyd. Ek het 'n omvou rand gedoen, wat die wolletjies wegsteek, soos Little Woollie. Dis 'n paar rye kortbene, wat omgevou en vasgewerk word. Dit lyk heel netjies:






 

Is dit nie mooi nie? Op Ravelry is daar ook 'n skakel na die patroon, en jy kan na ander komberse ook kyk. Is jy ook lus om een te hekel? Laat weet my, en ook as jy reeds deur die gogga gebyt is. Ek sal graag joune wil sien.



 

Groete van huis tot huis!

23 Jul. 2014

Sakke vol plesier, en 'n hasie

Ek was lanklaas hier, ek weet. Maar onthou ek het lank terug vertel ek hiberneer? Dis wat ek maar elke winter doen. My Brombeer is terug van Praag af, en dis so lekker om weer snags 'n groot, knus lyf langs my te he.  My hart was die laaste paar maande stil, maar my hande besig. As jy wonder waarheen ek maande aaneen verdwyn, ek sit in 'n sonkol,



en  knutsel.


 Hierdie hasie 


 


het haar rokke ingepak


 


en by  drie-jarige Mia gaan bly. 


Hasie, hoekom is jou stert so kort?




Baie ordentlik, met wit onderklere: 


 Vir oulaas het sy geposeer vir foto's:







Ek mis haar vriendelike baldadigheid op my tafel, maar sy het 'n klein hartjie baie bly gemaak. 


Mia se groot sussie, Carli, het 'n handsakkie gekry:



 Vriendin Melanie het ook een gekry, vir haar Europese reis, omdat myne vir my so handig was:


 


met sakkies vir alles en nog wat





 'n geruite voering,



 en 'n lang band sodat sy dit skuins oor die lyf kan dra.



 Dit was vir my so lekker om die handsakke te hekel, nog 'n dogtertjie het een as verjaardaggeskenk gekry.






met die uiltjie-motief waarvan ek so baie hou:


 


'n Vriendelike pienk knoop





 'n vrolike kolletjies voering.


en 'n bont band.



 

Ek maak die handsakkies van ouma-blokkies, sonder 'n patroon. Die motief vir Melanie se handsak het ek op Pinterest gesien, maar die skakel na die patroon werk nie, so ek het maar net van die foto af gehekel. Die hasie is ook 'n verbeeldingsvrug.

Natuurlik is dit nie die einde nie. Volgende keer vertel ek julle meer hiervan,



maar vir vandag is my storie eers uit. Groete van huis tot huis!

15 Feb. 2014

Vandat ek laas hier was/ Since last time

Ons het by my Brombeer in Praag gaan kuier.     
We visited Mr Grumpy Bear in Prague.
Ek het potte kos gemaak.                                            
I cooked.
Ek het nuwe resepte probeer.                                  
I tried new recipes.
Ek het boeke gelees.                                                    
I read books.
Ek het flieks gekyk.                                                 
I watched movies.
Ek het musiek geluister.                                           
I listened to music.
Ek het wasgoed gewas.                                                
I did laundry.
Ek het afgestof.                                                        
I dusted.
Ek het geskryf.                                                              
I wrote.
Ek het goed reggepak.                                             
 I tidied closets and drawers.
Ek het televisie gekyk.                                                  
I watched TV.
Ek het potte tee gedrink.                                          
I drank tea.
Ek het koek gebak.                                                        
I baked cakes.
Ek het koek geëet.                                                         
I ate cake.
Ek het kruideniersware gekoop.                                    
I did grocery shopping.
Ek het met Pablo gespeel.                                             
I played with Pablo.
Ek het Mei-Mei geliefie.                                               
I cuddled Mei-Mei
Ek het gesels.                                  
I chatted.
Ek het Blogs gelees.                                                      
I read Blogs.
Ek het foto's op Pinterest gekyk.                                  
I looked at Pinterest.
Ek het foto's op Pinterest geplak.                                 
I pinned on Pinterest.
Ek het gedigte gelees.                                                   
I read poetry.
Ek het na die sterre gekyk.                                           
I looked at the stars.
Ek het rose geruik.                                                       
I smelled roses.
Ek het tuin natgemaak.                                                
I watered the garden.
Ek het lysies gemaak.                                              
I made lists.
Ek het my man verwelkom.                                  
 I welcomed my husband back.
Ek het my man weer afgesien.                                    
I said goodbye again.
Ek het nog 'n klomp dingetjies gedoen.                    
I did a lot of little things.
Maar dis nie hoekom jy hier is nie.                             
But that's not why you are here.
Jy  wonder wat het ek alles geknutsel.                         
You wonder what I crafted.

Hier is my laaste projekte:                                          Have a look at my latest projects:


My pasella ma het in laasjaar 'n kombersie gevra, en ek het dit so tussen ander projekte gehekel. Ek het die inspirasie hier gekry.

My mother in law wanted a blanket, and I crocheted it between other projects. I got my inspiration here.





Ek en Pasella Ma het saam die kleure gekies, sodat dit by haar kamer pas, én my nie verveel nie. Dit was vir my so lekker om dit te hekel, dat ek nou besig is om (nog) een vir my eie bed ook te hekel.

We chose the colors together to match her bedroom, and to keep me from getting bored. i enjoyed it so much, I decided to start on (another) one for my own bedroom.

Ek weet nie of julle die sakke wat ek hier, hier en hier gewys het, onthou nie. 'n Vriendin het verjaar, en ek was lankal lus om iets soos hierdie te maak.  Die patroon vir die handvatsel het ek hier gekry.

Do you remember the bags I made here, here and here?  I always wanted to make something like this, so I crocheted it for a friend's birthday.You can find the pattern for the handles here





Ek het van die dik katoengare gebruik vir die sak, en 4 draad vir die blommetjies.

I used DK cotton for the bag, and 4ply for the flowers.



 
Ek het laasjaar babagoed gewys wat ek vir Pasella Sus se kleinkind gehekel het. Hier is my neef se tweeling se goedjies:

 I made these for my cousin's twins: 



En om dankie te sê dat ek Daisy by Belinda kon leen om die skoene te pas (Amy het lapvoete) het sy ook skoene en 'n hoed gekry.

And to thank Belinda for lending Daisy to me to be my shoe model, I made her this:





Groete van my huis tot joune!

 Greetings from my home to yours!